Kobus Beyers, ‘n saaiboer van die Wolmaransstad-omgewing is aangewys as die 2024 Agri Noordwes Jongboer van die Jaar en ons hoor wat sy hart laat klop.
Tyd is geld en as ‘n produsent sy masjiene kan dophou sonder om op die plaas te wees, soveel beter. Diederik Husselmann van CASE IH verduidelik hoe hul Connect Room funksioneer.
Ons hoor ook van Carina le Roux van Feedtek. Sy het tydens ‘n boeredag in die Noord-Kaap oor die waarde van addisionele byvoeding en lekke in ‘n beesboerdery gesels en ook wat soms verkeerd gedoen word as dit by die voedingsprogram van beeste kom.
Dan is Chris Derksen op sy pos met vleispryse.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.