Sunday, March 26, 2023

RSG Landbou: 9 Mei 2022 – geborg deur BKB

‘n Hoogtepunt op die plaaslike landboukalender, is die SA Kaasfees wat deur Agri-Expo aangebied word. Lise Roberts het dit bygewoon en gesels in Maandag se aflewering van RSG Landbou met Johan Ehlers oor die verskeie aanpassings wat hulle moes maak om dit vanjaar weer te kon aanbied.

As gevolg van die konflik in Oos-Europa, is sonneblomproduksie en sonneblomolie gereeld onder bespreking. Corné Louw van Graan SA verduidelik aan luisteraars wat goeie produksievooruitsigte vir die verbruiker beteken.

Die wildesonneblom wat as onkruid in die land versprei, is nie goeie nuus nie. Prof Charlie Reinhardt van die Noordwes-Universiteit werp lig op dié onderwerp in vandag se RSG Landbou.

Daar is ook soos oudergewoonte veilingsnuus. Daarna praat Gert Olivier, van Bonka Bonsmaras met RSG Landbou-luisteraars oor die komende Bonka Bonsmara- en Marais Bonsmaras-produksieveiling wat binnekort plaasvind.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Related Posts

Weeklikse plaashek-rooivleispryse / Weekly farm gate red meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Die jongste vleispryse word...

SA goat breeds suit the Zimbabwean landscape

Estimated reading time: 7 minutes Pathisani Ncube has a...

Hydroponic feed for intensive sheep production

Academics around the world tend to reject hydroponic feed...

The South African rabbit meat industry in the spotlight

Estimated reading time: 7 minutes Rabbit meat is not...

Ivermektien: Veilig vir dier én mens?

Estimated reading time: 4 minutes Die potensiaal van ivermektien...

Ankole embryos sell for record price in South Africa

The South African record price for embryos sold was...