Medewerker, Hugo Lochner, het onlangs die Swellendam-skou bygewoon. Dis een van die oudste landbouskoue in Suid-Afrika. Donderdag se aflewering van RSG Landbou skop af met onderhoude hieroor. Dit gaan goed met die graanboere in hierdie land, alhoewel die wisselkoers in dié stadium een van die grootste risiko’s is. Dit is die woorde van dr Pieter Taljaard van Graan SA. Hy was een van die sprekers by ‘n landbou-oggend tydens vanjaar se Swellendam landbouskou. Ons hoor ook van Kobie Smit – hy gesels oor dié skou wat vanjaar 191 jaar oud is. Dit is ook die oudste landbouskou in die Suidelike Halfrond.
RSG Landbou en Richardt Venter van AgSci Unlimited is besig met ‘n reeks oor kuilvoerproduksie in die verskillende provinsies. Dié week kuier ons in Mpumalanga en praat onder andere oor hael wat dikwels probleme veroorsaak.
Johan van den Berg is op sy pos met die weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou beïnvloed.
Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.