Die veerkragtigheid van die gemeenskap van Williston is noemenswaardig. Ten spyte van droogtes en uitdagings met bek-en klouseer die afgelope paar jaar, is ‘n landbouskou aangebied. Koos du Pisanie gesels in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou met Herlus le Roux hieroor.

Dr Hannes Viljoen van Envarto kuier ook in die RSG Landbou-ateljee. Hy gesels oor watter rol Bacillus-organismes, wat in probiotika voorkom, by diere speel.

Dan bring Heinrich Victor van OVK, RSG Landbou-luisteraars ons op hoogte van wolpryse. 

Riaan Theron gesels op RSG Landbou oor Manso geselekeerde Brahmane en brei ook uit oor waarna kopers kan uitsien vir die veiling wat binnekort plaasvind.

Luister nou na hierdie onderhoude.




Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.