Wanneer die Suid-Afrikaanse verbruiker voedselkeuses maak, word volhoubaarheid in ag geneem. Die Buro vir Voedsel-en Landboubeleid, BFAP, het hieroor navorsing gedoen en dr Hester Vermeulen, gee in Woensdag se aflewering van RSG Landbou terugvoer hieroor.

BKB het vanjaar groot sukses met hul ramveilings behaal. Danie Strauss gesels met RSG Landbou-luisteraars hieroor.

Johann Botes van GWK kuier ook in die RSG Landbou-ateljee. Hy praat oor aartappelkultivars en hoe hulle gehalte verseker.

Luister nou na hierdie onderhoude.



Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.