Tuesday, June 28, 2022

RSG Landbou: 9 Junie 2022 – geborg deur BKB

Isak Staats, BKB Wol en Bokhaar, was ‘n spreker by die NWKV-kongres. Hy praat in Donderdag se aflewering van RSG Landbou oor die stand van woluitvoere en meer oor die RWS-standaarde.

Daarna is Prof Roger Price, van die Landbounavorsingsraad aan die woord. Hy gesels met RSG Landbou-luisteraars oor sprinkane en ander peste en plae wat ‘n ekonomiese impak het op Suid-Afrika.

Prof Johan Kirsten van die Buro vir Ekonomiese Navorsing was die hoofspreker by die afgelope kongres van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV). Hy het onder andere gesels oor Landbou en die ekonomie die afgelope tien jaar en vooruitsigte vir 2030.

Die onafhanklike weerkundige, Johan van den Berg, is op sy pos met sy weeklikse bespreking oor weerstoestande, en hoe dit landbou affekteer.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Willie Oosthuizen van Molopo Ile de France brei uit oor wat kopers van hulle 16de Produksieveiling kan verwag.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Popular stories