RSG Landbou: 9 Januarie 2024 – geborg deur BKB

Danksy reën op die regte tyd blyk dit of mielie-aanplantings in die Vrystaat voltooi is, maar daar was wel vloedskade. Gernie Botha van Vrystaat Landbou gee terugvoer en hy deel ook ‘n paar gedagtes oor hul fokuspunte vir 2024, in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou.

Goeie reën is ook nie altyd goeie nuus vir ons veeprodusente nie, aangesien veesiektes en veral insek-oordraagbare siektes toeneem. Volgens dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk, kan verliese met ‘n goeie inentingsprogram voorkom word. Ons gesels met hom hieroor.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories