RSG Landbou: 8 Januarie 2024 – geborg deur BKB

Swaar reën, hael en vloede het gedeeltes van die Noord-Kaap die afgelope paar weke getref. Die reën is welkom, maar het dit oral verligting gebring? Willem Symington van Agri Noord-Kaap vertel ook waarop landbou in dié provinsie in 2024 wil fokus in Maandag se aflewering van RSG Landbou.

Paul Williams van die Landbou Besigheidsnavorsingsinstituut in Australië meen bulseleksie is ‘n dryfveer vir genetiese vooruitgang. Christal-Lize Muller het tydens verlede jaar se LRF Veeskool met hom gesels.

Verder is Gerrie Wiese van Lindsay Africa ook aan die woord oor die belangrikste uitdagings by waterhulpbronbestuur.

Luister nou na dié interessante onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories