Friday, February 3, 2023

RSG Landbou: 9 Januarie 2023 – geborg deur Lindsay Africa

Die rooivleisbedryf het ‘n uitdagende jaar agter die rug en volgens James Faber van die Rooivleisprodusente-organisasie, het hulle ‘n paar lesse geleer. In Maandag se RSG Landbou gesels hy ook oor hul fokuspunte vir 2023.

Lone-opgawes moet voor 31 Januarie ingedien word, maar wat is die gevolge indien dit nie betyds ingedien word nie? Stephen Pietersen van Work Accident Support brei hieroor uit.

Dan vertel Peter Cloete van die Dordrecht-omgewing in die Oos-Kaap, hoe landbou-omstandighede in dié provinsie lyk en wat hulle met die Pine Grove Merinostoet-produksieveiling beoog.

Izak Hofmeyr, redakteur van Stockfarm, gesels op RSG Landbou oor wat lesers te wagte kan wees in die Januarie-uitgawe van Stockfarm wat nou op die rakke beskikbaar is. Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941.

Luister nou na dié onderhoude.

RSG Landbou word die week aan jou gebring deur Lindsay Africa. Besoek gerus hulle webwerf hier.

Advancing irrigation since 1955
Started as a humble farm equipment business in Nebraska, USA, Lindsay has become a global force of innovation today. Our family of irrigation brands are dedicated to bringing new ideas to the field and providing top-of-the-line solutions that support every grower and every field. We aren’t just creating irrigation systems; we’re innovating solutions that help growers thrive.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories