RSG Landbou en Richardt Venter van AgSci Unlimited is besig met ‘n reeks oor kuilvoerproduksie in die verskillende provinsies. Van die grootste kuilvoerbunkers in Suid-Afrika word in die Vrystaat aangetref, maar die uitdagings wat daarmee gepaard gaan, is net so groot. Suurstofblootstelling bly ‘n probleem en daarom het meer produsente na silosakke oorgeskakel. Richardt Venter gesels hieroor in Donderdag se aflewering van die program.
Die Suid-Afrikaanse Vetvee-beoordelaarsvereniging bied nou ‘n Nasionale Vetvee-kampioenskap aan en Johan Odendaal vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer daarvan.
Johan van den Berg is op sy pos met die weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou beïnvloed.
Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Luister hier na vorige uitsendings.