Black Tie Blue Blood is ‘n eerste van sy soort boerbokveiling wat in Maart gehou word. Hier sal die room van die wêreld se boerbokke onder die hamer kom. Danie Strauss van BKB gesels in Woensdag se aflewering van RSG Landbou oor hierdie unieke geleentheid.

Koos du Pisanie, RSG Landbou se medewerker in die Noord-Kaap, praat met Keith Coetzee oor wat vanjaar se Williston Skou gaan behels.

Daarna het RSG Landbou by Pieter Taljaard van Graan SA gaan kers opsteek oor die stand van sake in die graanbedryf.

Luister nou na hierdie onderhoude.



Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.