Landbouskrywers SA het vanjaar vir Chris du Toit as die Landboupersoonlikheid van die Jaar vereer. Hy is sedert 1970 by georganiseerde landbou betrokke en ons gesels in Donderdag se aflewering van RSG Landbou met hom oor dié prestasie. Luister nou na dié onderhoud.

Alheit du Toit van Feedtek fokus op fasevoeding. Hy vertel vir RSG Landbou-luisteraars waarom die benadering van verskillende voere tydens verskillende fases gevolg word. Luister nou na dié onderhoud.

Soos oudergewoonte word daar ook op weersake en vleispryse gefokus. Johan van den Berg is eerste aan die woord met weersake en daarna bring Chris Derksen RSG Landbou-luisteraars op hoogte met die jongste vleispryse. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.