Hoër-inkomstegroepe in Suid-Afrika koop meer gevriesde aartappelprodukte teenoor laer-inkomstegroepe wat vars aartappels verkies. Dit is volgens navorsing deur dr Carmen Muller van die Universiteit van Pretoria. Sy gesels met Lise Roberts hieroor in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou.
Ede Farming in die Middelburg-omgewing hou ‘n suiweldag in September en Poena van Niekerk vertel vir RSG Landbou-luisteraars wat hulle beplan.
Dan is die Universiteit van die Vrystaat by ‘n wolwaardekettingsprojek betrokke. Ons gesels met dr Jan Swanepoel en Carien Denner-Vorster van die Departement Volhoubare Voedselsisteme en Ontwikkeling hieroor.
Quentin de Bruyn, van Vastrap Borane vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor hulle tiende produksieveiling.
Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.