In Donderdag se aflewering van RSG Landbou gesels Rupert Koopman van die Botaniese Vereniging van SA oor nuwe en skaars fynbosspesies in die Elim-gebied asook wat by Nampo Kaap te sien gaan wees.
Boere langs die Oranjerivier is verheug oor die reën maar nou is daar ‘n toename in muggies. Mens en dier ly hieronder. Koos du Pisanie, RSG Landbou se medewerker, gesels met Willem Symington van Agri Noord-Kaap oor hoe hulle dié probleem aanspreek.
‘n Graanboer van die Ventersdorp-distrik in Noordwes, wat deel is van Tiger Brands se agri-byeenbringprogram, Lerako Naphtaly, lewer vanjaar vir die eerste keer mielies aan dié voedselvervaardiger en hoop om 5 ton per hektaar te oes. Hy vertel sy storie.
Johan van den Berg is op sy pos met sy weeklikse bespreking oor weerstoestande, en hoe dit landbou beïnvloed.
Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco Animal Health
Who is Elanco Animal Health?
An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improving the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to address global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Luister hier na vorige uitsendings.