HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 8 November 2023 - geborg deur Plaas Media

RSG Landbou: 8 November 2023 – geborg deur Plaas Media

‘n Boeredag is onlangs op die plaas van Piet Roux van Prieska aangebied. Hy is die wenner van vanjaar se Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur-projek. RSG Landbou het daar met hom gesels oor sy poging om van die indringerboom, die prosopis, ontslae te raak. Willie Storm van Olifantshoek vertel ook vir RSG Landbou-luisteraars hoe hy die drakrag op sy plaas verbeter het in Woensdag se aflewering van die program.

Dan ondersteun AfriForum, Saai en Thabake Business Enterprise ‘n groenteprodusent, Lebo Mosime. Sy lewer reeds blomkool en brokkoli aan die mark, maar het groot planne. Nantes Kelder van AfriForum praat oor hulle betrokkenheid en dié produsent se drome.

Luister nou na dié opwindende onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse word weekliks aan u gebring deur Absa en die RPO. Neem kennis dat hierdie nie...