Stres by diere word meestal nie deur ‘n eienaar raakgesien nie. Dit het egter ‘n groot impak op die gesondheid en produksie van die dier. Leon Kruger van die Universiteit van die Vrystaat gee raad hieroor in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou.
Helen Lachenicht van Kamdeboo Dream Australian Cattle Dogs, vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor die waarde van dié honde vir die boer en wat die teling behels.
Heinrich Victor van OVK bring ons op hoogte van sake wat die uitvoer van wol betref, asook die pryse wat by die jongste veiling behaal is.
Dan is daar lekker veilingsnuus. Frans Seevinck van Buckridge Bonsmaras brei uit oor hulle suksesse. Christopher Melamu van Lamus Bonsmaras vertel meer oor hulle derde produksieveiling en wat kopers te wagte kan wees.
Luister nou na hierdie onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Luister hier na vorige uitsendings.