Die SAOG-lande kry al hoe meer druk vanaf die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (WOAH) om eerder eiers wat deur vrylopende hoenders geproduseer word te versprei. Is dit ekonomies lewensvatbaar in Suid-Afrika? Die Nasionale Landboubemarkingsraad het onlangs ‘n studie hieroor gedoen en dr Christo Joubert gee in Maandag se aflewering van RSG Landbou terugvoer hieroor.
Voordat produsente besluit om hulle vee af te rond, is dit belangrik dat hulle deeglike beplanning doen om te verhoed dat hulle nie in ekonomiese slaggate trap nie. So sê Ewie Coetzee van Feedtek en hy gee raad vir RSG Landbou-luisteraars oor hierdie onderwerp.
Dit is Maandag wat beteken dit is weer tyd vir veilingsnuus.
Frans de Klerk, ‘n onafhanklike analis, kyk dié week na die beweging van die soja-prys.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Luister hier na vorige uitsendings.