RSG Landbou: 8 Maart 2023 – geborg deur BKB

Boerboktelers kan vanjaar weer uitsien na ‘n spoggeleentheid vir uitgesoekte genetika. Die land se top boerbokke neem op 31 Maart deel aan die Black Tie Blue Blood-veiling in Paarl. Een van die stigterslede en ook die afslaer, Danie Strauss van BKB, verskaf meer besonderhede hieroor in Woensdag se aflewering van RSG Landbou.

Sandile Nzuza is onlangs as rasadviseur by Bonsmara SA aangestel – ‘n jong man wat al by verskeie landbou-organisasies ‘n draai gemaak het. Hy gesels met RSG Landbou-luisteraars oor sy loopbaan en die geleentheid wat hom by die telersgenootskap te beurt geval het.

Izak Hofmeyr, redakteur van Stockfarm, gesels op RSG Landbou oor wat lesers te wagte kan wees in die Maart-uitgawe van Stockfarm wat nou op die rakke beskikbaar is. Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories