HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 8 Junie 2023 - geborg deur Plaas Media

RSG Landbou: 8 Junie 2023 – geborg deur Plaas Media

Belnori-boetiekkaasmakery van Bapsfontein is bekend vir hul bokmelkkaas en maak deesdae ook kaas van skaap- en Jerseymelk. Hulle het al talle nasionale en internasionale pryse ingepalm en vanjaar was geen uitsondering nie. Tydens die Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe is hulle onder andere as kampioen in vier kategorieë aangewys. Rina Belcher kuier Donderdag in die RSG Landbou-ateljee om hieroor te gesels.

Mpumalanga Landbou het verlede week kongres gehou en Robert Davel gee terugvoer aan RSG Landbou-luisteraars.

Johan van den Berg is weer terug op sy pos met die weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou beïnvloed.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Plaas TV: Klimaatslim boerdery, AFMA Forum, Agbiz Graan- en Oliesade-simposium en...

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes: Die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur-projek...