Tuesday, June 28, 2022

RSG Landbou: 8 Junie 2022 – geborg deur BKB

Die BKB skaap- en woladviseur se waarde word op verskeie maniere tot die inkomste van ‘n produsent toegevoeg. Mike van den Berg brei in Woensdag se aflewering van RSG Landbou hieroor uit.

Een van die finaliste van die Veeplaas Klimaatambassadeur-kompetisie is Matthew Morgan van Tarkastad. Hy vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor watter aanpassings hy op sy plaas moes maak om met die veranderende klimaat te kompeteer.

Dan vind ons ook meer uit oor PALS, ‘n privaatsektor-gedrewe grondhervormingsinisiatief. RSG Landbou se streeksverteenwoordiger in Noordwes, Christal-Lize Muller gesels met Lennox Plaatjies hieroor.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Popular stories