Monday, December 8, 2025
HomePodcastsRSG Landbou: 8 Januarie 2025 - geborg deur BKB

RSG Landbou: 8 Januarie 2025 – geborg deur BKB

Die grootste, mooiste en lelikste pampoen en dan ook die beste pampoenkoekies en tertjies – dit is alles deel van die jaarlikse Goliat van Gat Pampoenfees wat in Maart vanjaar deur die Cullinan Boere-unie en TLU SA aangebied word. Die rekordpampoen van diĆ© fees het ā€˜n allemintige 890kg geweeg. Ons gesels met Henri Combrink hieroor.

Die Boran-beestelergenooskap bied op 7 Februarie hul tweede jaarlikse versveiling in Parys aan. Christopher Havenga verskaf meer besonderhede en verduidelik wat die waarde van diƩ veiling veral vir nuwe telers is.

Dan vind die gewilde Balfour Hooidag reeds op 16 Januarie plaas en Gert Kriek vertel ons meer.

#RSGLandbou word diĆ© week aan jou gebring deur BKB.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ā€˜n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Must Read

SAPPO Retail Price Statistics: November 2025

The monthly SAPPO Retail Price Statistics Report provides detailed statistics and trends on the retail prices of various meat products, including pork, chicken, beef, and lamb. Monthly Price...