Friday, December 13, 2024

RSG Landbou: 8 Februarie 2024 – geborg deur Plaas Media

China het onlangs hul invoertariewe vir rooibos vanaf 30% tot 6% verlaag, maar volgens Martin Bergh van Rooibos Beperk is dit die enigste land wat invoertariewe hef. Ons gesels met hom oor dié trots Suid-Afrikaanse produk, die produksie, uitvoermarkte en vooruitsigte, in Donderdag se aflewering van RSG Landbou.

Nick Serfontein van die Sernick Groep vertel wat ons van hul aanteelveiling op 22 Februarie kan verwag.

Johan van den Berg gesels ook oor weervooruitsigte en ons hoor by Chris Derksen wat het hierdie week met die vleispryse gebeur.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories