BKB ondersteun talle wolprodusente in kommunale gebiede. Hulle voeg op 1 Maart ‘n nuwe maatskappy tot hul besigheid by. Jacques van Niekerk van BKB verduidelik aan RSG Landbou-luisteraars in Woensdag se aflewering van die program wat dit vir landbou in SA beteken.
EMC2-koöperasie het kom kers opsteek oor hoe graanberging in Afrika gedoen word. Hoor wat Wessel Lemmer van Agbiz Grain en Pierre Zacharias hieroor te sê het.
Louis Smith, Jenaan Investments CC, vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor ‘n besproeiingsplaas in die Verenigde Arabiese Emirate wat deur Suid-Afrikaners ontwikkel is.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Luister hier na vorige uitsendings.
Luister RSG Landbou Maandae tot Donderdae op RSG, 100 tot 104 FM, as Lise Roberts soggens van 05:25 tot 05:55 met belangrike rolspelers in die landboubedryf gesels. Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @rsglandbou en #RSGlandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za