Izaak Breitenbach van die SA Pluimveevereniging gee terugvoer aan RSG Landbou-luisteraars in Donderdag se aflewering oor wat hulle in 2022 bereik het.
Danie Strauss, van BKB gesels op RSG Landbou oor die afgelope veilingseisoen.
Johan van den Berg is op sy pos met die weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou beïnvloed.
Daarna is Chris Derksen aan die woord. Hy bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.
Luister nou na hierdie onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Luister hier na vorige uitsendings.
Luister RSG Landbou Maandae tot Donderdae op RSG, 100 tot 104 FM, as Lise Roberts soggens van 05:25 tot 05:55 met belangrike rolspelers in die landboubedryf gesels. Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @rsglandbou en #RSGlandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za