RSG Landbou: 8 Augustus 2023 – geborg deur BKB

Die wolseisoen open eersdaags. Hoe lyk vooruitsigte en watter druk is daar op die mark? Isak Staats van BKB brei hieroor uit in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou.

Geoss Suid-Afrika is die afgelope 30 jaar betrokke by die monitering van watervlakke by aartappelproduksie in die Sandveld. Julian Conrad het by Aartappels SA se navorsingsimposium ook oor die produsente se stryd met waterlisensie-aansoeke gesels.

Daarna is Richardt Venter van AgSci Unlimited aan die woord. Hy gesels met RSG Landbou-luisteraars oor die effek wat mikotoksiene op kuilvoer het.

Ons sluit die program af met veilingsnuus. Chris Krugell van Bloemendal Bonsmaras brei uit oor hulle produksieveiling wat binnekort plaasvind.

Luister nou na dié lekker onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories