Tuesday, March 28, 2023

RSG Landbou: 8 Augustus 2022 – geborg deur BKB

Landbouskou-entoesiaste in die Wes-Kaap kan vanjaar weer uitsien na Nampo Kaap wat soos altyd op Bredasdorp aangebied word. Henk Aggenbach gesels met ons hieroor in Maandag se aflewering van RSG Landbou.

Die rekening vir lone-opgawes in landbou word volgens vier subklasse bepaal. Stephan Pietersen van Work Accident Support verduidelik vir RSG Landbou-luisteraars wat dit behels.

Vir talle boere is veilings hul brood en botter. Ons hoor watter veilings en genetika die komende week aangebied word.

Verder kom Brangustelers hierdie week byeen vir hul nasionale veiling en Kinnear Geldenhuys van die Brangus-beestelersgenootskap brei hieroor uit op RSG Landbou.

Prof Frikkie Maré gesels dan oor die Augustus-uitgawe van Veeplaas wat nou op die rakke beskikbaar is. Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941. 

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories