HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 7 September 2023 - geborg deur BKB

RSG Landbou: 7 September 2023 – geborg deur BKB

BKB en die lewendehawebedryf in die Cradock-omgewing het heelwat vernuwing ondergaan. Takbestuurder, Dieter Schutte, gesels met ons hieroor.

Vir Agri Noord-Kaap is die gemoedere van hul produsente belangrik en daarom het een van die sprekers, Albert Ferreira, hierop gefokus. Hy is self ‘n produsent en verstaan die swaarkry wat soms oor jou pad kom. RSG Landbou-luisteraars kan in Donderdag se aflewering van die program hoor wat hy met die kongresgangers gedeel het.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Johan van den Berg ken sy storie as dit by die weer kom. Luister nou na dié week se bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou beïnvloed.

Vandag se program sluit met veilingsnuus af. Arthur de Villiers gesels op RSG Landbou wat kopers te wagte kan wees vir die AG-Gene Bonsmara produksieveiling wat binnekort op die plaas Arcadia in die Vrede omgewing gaan plaasvind.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

94ste NWKV-kongres: Suid-Afrikaanse wolprodusente in die voorste produksielinie

Estimated reading time: 6 minutes Vanjaar se 94ste Nasionale Wolkwekersvereniging-kongres het gefokus op volhoubare wolproduksie en ’n indrukwekkende lys van belangrike sake wat regstreeks betrekking...