RSG Landbou: 7 September 2022 – geborg deur Elanco Animal Health

Brandsiekte word as ‘n staatsbeheerde siekte geklassifisser. Die siekte het sy kop in die Noord-Kaap uitgesteek. Johan van der Colff, van Agri Noord-Kaap praat in Woensdag se aflewering van RSG Landbou oor hulle planne om dié siekte te beheer.

Vind uit hoe om brandsiekte onder beheer te kry.

Die voedselvervaardiger, Tiger Brands, het ‘n model ontwikkel wat fokus op die bemagtiging van opkomende boere. Medewerker, Christal-Lize Muller, het meer oor dié model gaan uitgevind. 

Nampo Kaap fokus vanjaar sterk op fynbosspesies van die Elim-gebied. Chrystal van Wyk vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor wat hulle alles die jaar beplan.

Ons sluit die program met lekker veilingsnuus af. André-Pierre Cronje vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor wat kopers kan verwag by die Afrikaner Beesstelersgenootskap se nasionale veiling wat binnekort plaasvind.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco Animal Health

Who is Elanco Animal Health?
An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improving the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to address global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories