RSG Landbou: 7 Maart 2024 – geborg deur MSD

Share This Post

Berigte oor die probleme met waterslaai op die Vaalrivier het die afgelope tyd gereeld in die media verskyn. Prof Charlie Reinhardt van die Universiteite van Pretoria en Noordwes werp lig op die voorkoms en beheer van dié indringerplant.

Slange is ook ‘n onderwerp wat deesdae in die nuus is – ons luister na ‘n gesprek met Fanie Fouché, ‘n slangvanger. Hy het onlangs inwoners van Bathurst in die Oos-Kaap ingelig oor slange wat in omliggende areas voorkom.

Verder is Johan van den Berg terug met weernuus en Chris Derksen met die weeklikse vleispryse.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week met trots deur MSD aan jou gebring.

MSD Animal Health is een van die wêreld se grootste dieregesondheidsmaatskappye. Die maatskappy is toegewyd aan die navorsing en ontwikkeling, produksie en bemarking van innoverende, hoë gehalte dieregesondheidsprodukte.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Related Posts

Weeklikse plaashek-rooivleispryse / Weekly farm gate red meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Die jongste vleispryse word...

SA goat breeds suit the Zimbabwean landscape

Estimated reading time: 7 minutes Pathisani Ncube has a...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 4 minutes Johan van den Berg...

The South African rabbit meat industry in the spotlight

Estimated reading time: 7 minutes Rabbit meat is not...

Ankole embryos sell for record price in South Africa

The South African record price for embryos sold was...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 15 of 2024

The weekly pork carcass price is brought to you...