HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 7 Maart 2023 - geborg deur BKB

RSG Landbou: 7 Maart 2023 – geborg deur BKB

‘n Gevestigde droëland-aartappelprodusent van die Petrus Steyn-distrik in die Oos-Vrystaat, Gert Bester, vertel van sy beginjare in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou. Hy is in September 2022 ook as voorsitter van Aartappels SA verkies en as hy oor dié bedryf gesels, sien hy positiewe vooruitsigte ten spyte van al die uitdagings.

Uitvoervolumes van Suid-Afrikaanse appels en pere kan vanjaar 8 tot 10% minder wees en markte fokus op die Midde-Ooste, Verre-Ooste en Indië. Dit is onder andere waaroor Roelf Pienaar van Tru-Cape met RSG Landbou-luisteraars gesels.

Heinrich Victor van OVK is soos oudergewoonte op sy pos met die weeklikse wolmarkverslag, asook die invloed van internasionale markte.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

RSG Landbou: 27 September 2023 – geborg deur Plaas Media

Een van die hoofoorsake van verliese by kuilvoer is die blootstelling aan lug. Jaco Faasen van Nutribase verduidelik wat gebeur met kuilvoer tydens blootstelling,...