Tuesday, June 28, 2022

RSG Landbou: 7 Junie 2022 – geborg deur BKB

Wat is die waarde van ‘n handelsmerk in landbou en hoe werk dié proses? In Dinsdag se RSG Landbou, beantwoord Carl van Rooyen van Spoor & Fisher hierdie en ander vrae oor handelsmerke.

RSG Landbou hoor van André Sieberhagen van Vlakfontein Merino’s waar hy vertel van sy gebruik van sonkrag op sy plaas in die Karoo.

Dan het junior- en senior interrasbeoordelaars by Nampo aan hul eksamen deelgeneem en Jan de Jongh vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor wat dit behels.

Heinrich Victor van OVK kuier in die RSG Landbou-ateljee en hy brei uit oor watter pryse by die laaste veilings behaal is.

Luister nou na hierdie onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Popular stories