Wednesday, October 9, 2024

RSG Landbou: 7 Februarie 2024 – geborg deur Plaas Media

In 2023 het Karoolam die gesogte status van beskerming as ‘n geografiese indikator in Suid-Afrika verwerf. Herman Blignaut van Spoor & Fisher verduidelik wat die proses behels en wat dit vir Suid-Afrika en die landbou beteken, in Woensdag se aflewering van RSG Landbou.

Een van die oorsake van plante se weerstand teen onkruiddoders is onderdosering. Prof Charlie Reinhardt bespreek die konsep van onkruiddoderweerstand en gee raad aan landbouprodusente om die probleem so ver as moontlik te voorkom.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories