Saturday, September 14, 2024

RSG Landbou: 7 Februarie 2023 – geborg deur BKB

Poena van Niekerk van Ede Farming, is eerste aan die woord in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou oor die waarde van SA Stamboek se dienste op ‘n melkplaas.

Knopvelsiekte wat onder vee voorkom is ‘n virussiekte wat nie genees kan word nie. Dit kan wel beheer word. Dr Antoinette van Schalkwyk van die Landbounavorsingsraad verskaf meer inligting hieroor.

Heinrich Victor van OVK bring RSG Landbou-luisteraars weer op hoogte met die jongste wolmarkverslag, asook die invloed van internasionale markte.

Izak Hofmeyr, redakteur van Stockfarm, gesels op RSG Landbou oor wat lesers te wagte kan wees in die Februarie-uitgawe van Stockfarm wat nou op die rakke beskikbaar is. Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories