BKB sal vanaf Maart vanjaar hulle besigheid op die nuwe Kaapstadse aandelebeurs lys. Johan Stumpf verduidelik in Maandag se aflewering van RSG Landbou wat die rede hiervoor is. Luister nou na hierdie onderhoud.

Verder gesels dr Hester Vermeulen van BFAP met RSG Landbou-luisteraars oor navorsing wat die verbruiker en lede van die landbouwaardeketting se persepsie van handreinigers ondersoek het. Luister nou na hierdie onderhoud.

Dr Frikkie Maré gesels op RSG Landbou oor die Februarie-uitgawe van Veeplaas wat nou op die rakke beskikbaar is. Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com.

Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna bring Lise Roberts RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse veilingsnuus. Luister nou na hierdie onderhoud.





Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.