RSG Landbou: 7 Desember 2022 – geborg deur BKB

Die Europese Unie se beweging na ‘n groener omgewing het gelei tot die sogenaamde Green Deal-ooreenkoms en baie streng vereistes word aan invoerlande gestel. CropLife SA het die leiding geneem en tydens ‘n konferensie verskeie rolspelers hieroor ingelig en die impak hiervan bespreek. RSG Landbou gee terugvoer hieroor.

Daarna gesels RSG Landbou met Mark Smit van Gallagher oor sy onlangse besoek aan Nieu-Seeland.

Alwyn Kraamwinkel van Sampro, oftewel die Suid-Afrikaanse Melkprosesseerdersorganisasie, vertel vir RSG Landbou-luisteraars oor hoe suiwel tans in kleinhandel presteer.

Luister nou na hierdie onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Luister RSG Landbou Maandae tot Donderdae op RSG, 100 tot 104 FM, as Lise Roberts soggens van 05:25 tot 05:55 met belangrike rolspelers in die landboubedryf gesels. Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @rsglandbou en #RSGlandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za

Popular stories