Die hemp- en kannabis-bedryf hou baie voordele vir produsente in. Daniel Motona van Nongo’s Joint naby Zeerust, vertel van sy besigheid en die uitdagings met die bedryf in Maandag se aflewering van RSG Landbou.
Die 58ste kongres van die Weidingsvereniging van Suider-Afrika is vanjaar naby Rustenburg gehou. Dit is voorafgegaan met ‘n tegniese werkswinkel oor bosverdigting- en indringing. ‘n Paar wetenskaplikes het hul kennis gedeel en ons luister wat Arnaud le Roux hieroor te sê gehad het.
Nampo Kaap vind weer in September plaas en Os du Randt vertel vir RSG Landbou-luisteraars waarom hy vanjaar saam met Kubota by die geleentheid kuier.
Soos oudergewoonte op ‘n Maandag is daar ook veilingsnuus.
Luister nou na dié lekker onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.