‘n 18-maande beleë Cheddar is vanjaar as die 2022 SA Suiwelproduk van die Jaar aangewys. Maryke Pienaar van Lactalis SA gesels in Donderdag se aflewering van RSG Landbou oor die uniekheid van dié kaas.

André Kirsten, ‘n koring- en kanolaprodusent van die Darling-omgewing is volgende aan die woord. Hy vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor watter uitdagings insetkostes vir dié bedryf inhou.

Nico Groenewald van Standard Bank kuier ook in die RSG Landbou-ateljee. Hy verduidelik onder andere wat die verlaging van in die brandstofsubsidie vir landbou inhou.

Die onafhanklike weerkundige, Johan van den Berg, is op sy pos met sy weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou affekteer.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Luister nou na hierdie onderhoude.





Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Sensako

Syngenta is one of the world’s leading companies with more than 28,000 employees in over 90 countries dedicated to our purpose: Bringing plant potential to life. Through world-class science, global reach and commitment to our customers we help to increase crop productivity, protect the environment and improve health and quality of life. For more information about us please go to www.syngenta.com

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.