HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 6 September 2023 - geborg deur BKB

RSG Landbou: 6 September 2023 – geborg deur BKB

Wanneer uitbreiding en ontwikkeling op plase gedoen word, moet grondeienaars ‘n omgewingsaansoek indien. RSG Landbou gesels met Pieter van der Merwe van REC Services oor dié wetgewing in Woensdag se aflewering van die program.

Tydens Agri Noord-Kaap se kongres was een van die besprekingspunte natuurlik die elektrisiteitskrisis.Volgens een van die sprekers, Gerrit Meyer van Hohm Energy, moet besigheidseienaars versigtig wees vir kansvatters wanneer alternatiewe energie-oplossings gesoek word. Hy gee vir RSG Landbou-luisteraars raad hieroor.

Daarna is Tanya Brits van Lindsay Africa aan die woord. Sy gesels oor die voordele van spilpuntbesproeiing.

Bonsmara SA word volgende jaar 60 jaar oud. Louis Steyl kuier in die RSG Landbou-ateljee om hieroor te gesels. Hy brei ook uit oor wat hulle as genootskap beplan vir die res van die jaar.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Nampo Kaap bou op die geskiedenis

Estimated reading time: 6 minutes Nampo Kaap word vanjaar van 11 tot 14 September by Bredasdorp aangebied. Die geleentheid is bekendgestel by ’n mediageleentheid by...