RSG Landbou: 6 September 2022 – geborg deur Elanco Animal Health

Waarvoor staan die nommers bo-aan die handelsnaam van wurmmiddels? RSG Landbou het in Dinsdag se aflewering van die program by dr Louis Boag van Elanco Dieregesondheid gaan uitvind.

Distell het in 2019 in die Wes-Kaap met ‘n omgewingsprojek, GreenUp, begin. Die groei en sukses van GreenUp is so merkwaardig dat dit tot ‘n nasionale projek ontwikkel is. Charles Wyeth van Distell, gesels met RSG Landbou-luisteraars daaroor.

Dan is Dirk Louw van Groblershoop tydens die Agri Noord-Kaap-kongres as hul Nuwe Generasie Boer van die Jaar aangewys. Koos du Pisanie gesels met hom oor sy boerdery.

Wolveilings het twee weke gelede hervat. Heinrich Victor van OVK bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die jongste pryse wat behaal is.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco Animal Health

Who is Elanco Animal Health?
An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improving the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to address global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Luister RSG Landbou Maandae tot Donderdae op RSG, 100 tot 104 FM, as Lise Roberts soggens van 05:25 tot 05:55 met belangrike rolspelers in die landboubedryf gesels. Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @rsglandbou en #RSGlandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za

Popular stories