Kanolasaad word hoofsaaklik vanaf Australië ingevoer. Sentraal-Suid Koöperasie in Swellendam het vanjaar met hul bywoning van die Internasionale Kanolakongres in Australië ook ‘n paar saadmaatskappye besoek. Pieter Malan gee terugvoer hieroor in Maandag se aflewering van RSG Landbou.
Daarna is Johan Mouton van Molatek aan die woord. Hy gesels met RSG Landbou-luisteraars oor veldafronding van diere oftewel backgrounding, soos dit beter bekendstaan.
Dan bring die Buro vir Voedsel en Landboubeleid maandeliks ‘n verslag uit oor die koste van ‘n basiese gesonde kosmandjie vir die gemiddelde Suid-Afrikaanse verbruiker. Dr Hester Vermeulen bespreek hoe die September-inflasiesyfers van Statistiek SA hierdie mandjie beïnvloed.
Luister nou na dié interessante onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.