HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 6 Maart 2023 - geborg deur BKB

RSG Landbou: 6 Maart 2023 – geborg deur BKB

Sommige veeprodusente is van mening dat drie-dae-stywesiekte nie problematies is nie, maar dr Johann Stadler van Antrovet stem nie saam nie. Ons gesels Maandag op RSG Landbou met hom oor dié veesiekte.

Dan kuier RSG Landbou saam met Carin Venter by een van die oudste Dohne Merino-stoeterye in die land op die plaas Wauldby in die Oos-Kaap. Die Blaine-familie is die trotse eienaars en sy gesels onder andere met hulle oor hul haarwurmnavorsing.

Daar is ook soos oudergewoonte weer op ‘n Maandag nuus oor veilings wat die volgende paar weke plaasvind.

Prof Frikkie Maré gesels dan oor die Maart-uitgawe van Veeplaas wat nou op die rakke beskikbaar is. Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941. 

Daniel Johnson van die Wes-Kaapse Departement van Landbou sluit die program af. Hy is bekommerd oor die toekoms van veeartse in Suid-Afrika.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

45th ARC National Beef Performers Awards winners announced

Estimated reading time: 6 minutes The Agricultural Research Council (ARC) once again presented its National Beef Performers Awards on 23 November 2023. This was...