SABI, of die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut, nooi alle produsente uit om te deel in hul kundigheid. Michael Esmeraldo verduidelik in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou wat die voordele van lidmaatskap inhou.
Hoe word muskadel gemaak en hoe vergelyk dit met ander soetwyne? Christo Pienaar van Nuy-wynkelder beantwoord hierdie vrae en gesels ook oor hul muskadel wat vanjaar by die Muskadel SA-toekennings ‘n platinum-toekenning ontvang het.
Verder gesels Henri Swiegers met RSG Landbou-luisteraars oor die markte van dié gesogte Suid-Afrikaanse produk.
Heinrich Victor van OVK is op sy pos met die jongste wolmarkverslag.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.