Bostu Boerboele is aangewys as een van die wenners in vanjaar se SA Stamboek Nasionale Elite-toekennings. In Maandag se aflewering van RSG Landbou gesels ons met die teler, Chereen Boshoff en ook met Anemari Pretorius van die SA Boerboeltelersgenootskap oor dié prestasie.
Dan is die verval van plattelandse dorpe ook onder bespreking. Christal-Lize Muller het tydens die Nampo-oesdag by Barend le Grange van die Privilege-stigting gaan uitvind wat hulle doen om omstandighede op plattelandse dorpe te verbeter.
Daarna is Johan Dormehl van Proveld Bonsmaras ook aan die woord oor hul produksieveiling van 8 Junie.
Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.