HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 6 Julie 2023 - geborg deur BKB

RSG Landbou: 6 Julie 2023 – geborg deur BKB

Suid-Afrika se eerste genetiese databasis van breësnuit-kalanderspesies is saamgestel. Dié “genetiese biblioteek” is tot voordeel van landboukonsultante wat nou op ‘n molekulêre vlak die eiers, larwes en papies van verskillende snuitkewerspesies sal kan uitken. Vir dr Steffan Hansen van die Universiteit Stellenbosch, was dit deel van sy doktorale studies en hy gesels daaroor in Donderdag se aflewering van RSG Landbou.

André Lesch van Lesch Working Dogs op Graaff-Reinet, het tydens die Karoo Winterwolfees aan ons verduidelik watter honde vir opleiding geskik is en wat die opleiding behels.

Prof Frikkie Maré gesels dan oor die Julie-uitgawe van Veeplaas wat nou op die rakke beskikbaar is. Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941. 

Johan van den Berg is weer terug op sy pos met die weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou beïnvloed.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Plaas TV: Klimaatslim boerdery, AFMA Forum, Agbiz Graan- en Oliesade-simposium en...

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes: Die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur-projek...