In Maandag se aflewering van RSG Landbou hoor ons verder wat Graan SA tydens hul streeksvergadering op Morreesburg met hul lede gedeel het. Corné Louw praat oor die koringheffing en ‘n droogteverdraagsame koringgeen wat van Argentinië ingevoer is.
Heleen Viljoen vertel daarna op haar beurt van die afgelope twee jaar se insetprys-vergelykings in die Wes-Kaap.
Elke kommersiële boer moet ‘n bietjie Boran-bloed in sy beeste hê. So sê Jaco Janse van Rensburg van Southwell in die Oos-Kaap. Hy gesels op RSG Landbou oor sy boerdery.
Prof Frikkie Maré gesels dan oor die Februarie-uitgawe van Veeplaas wat nou op die rakke beskikbaar is. Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941.
Daar is ook soos oudergewoonte weer op ‘n Maandag nuus oor veilings wat die volgende paar weke plaasvind.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.