Thursday, September 12, 2024

RSG Landbou: 6 Desember 2023 – geborg deur Plaas Media

Die Boran-beesras kom vandag op RSG Landbou onder bespreking. Ons gesels met Christopher Havenga van die Boran-beestelersgenootskap en hoor ook by Johannes Muller van Intelact watter eienskappe van dié beesras uitstaan.

Eksteenskuil-landboukoöperasie van Keimoes in die Noord-Kaap is vanjaar deur Toyota SA aangewys as die kommunale boerderyvereniging van die jaar. Hulle bestaan uit 107 lede en produseer hoofsaaklik rosyntjies. Ons vind meer hieroor uit.

Luister nou na dié opwindende onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories