Monday, May 29, 2023

RSG Landbou: 6 Desember 2022 – geborg deur BKB

Die wenner van vanjaar se Melkprodusente-organisasie Nedbank Rentmeesterskap-toekenning is op 30 November aangewys. Dean Biggs van die Tsitsikamma-omgewing het met die louere weggestap en ons hoor in RSG Landbou wat hy hieroor te sê gehad het.

Heinrich Victor van OVK vertel vir RSG Landbou-luisteraars wat by die laaste wolveiling vir 2022 gebeur het.

Verder praat Deon Saayman en Herman Hugo van Cape Wools oor die stand van die plaaslike wolbedryf en hoe die vooruitsigte lyk.

Izak Hofmeyr, redakteur van Stockfarm, gesels op RSG Landbou oor wat lesers te wagte kan wees in die November-uitgawe van Stockfarm wat nou op die rakke beskikbaar is. Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941.

Luister nou na hierdie onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories