Sunday, May 28, 2023
HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 6 April 2023 - geborg deur BKB

RSG Landbou: 6 April 2023 – geborg deur BKB

Na die goeie reën in meeste van ons somerreënvalgebiede, kan veldbrande in die laat winter ‘n groot uitdaging wees. Grondeienaars in die noordelike deel van die Drakensberge het onlangs bymekaar gekom om hieroor te gesels en ons hoor wat bespreek is in Donderdag se aflewering van RSG Landbou.

Gerhard Schutte van die Nasionale Dieregesondheidsforum en Rooivleisprodusente-organisasie praat met RSG Landbou-luisteraars oor dieregesondheid en rooivleissake.

Izak Hofmeyr, redakteur van Stockfarm, gesels op RSG Landbou oor wat lesers te wagte kan wees in die April-uitgawe van Stockfarm wat nou op die rakke beskikbaar is. Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941.

Johan van den Berg is op sy pos met die weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou beïnvloed.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

RSG Landbou: 25 Mei 2023 – geborg deur Plaas Media

Tydens RSG Landbou se besoek aan Nampo het ons by leerlinge van Hoërskool Wagpos naby Brits, en Landbou-ingenieurstudente van die Noordwes Universiteit gehoor wat...