Daar is kritiese aspekte waarvan produsente moet kennis neem by mielieverbouing. Pieter Craven van Syngenta gesels in Woensdag se aflewering van RSG Landbou met ons hieroor en verskaf ook ‘n paar aanbevelings vir die komende plantseisoen.

Wat verwag ‘n produsent, groot en klein, van ‘n gewasadviseur of verspreider van gewasbeskermingsprodukte? Dit was een van die besprekingsessies tydens vanjaar se CropLife SA-konferensie. RSG Landbou-luisteraars kry ook terugvoer by ‘n kommersiële graanprodusent, Derek Mathews, ‘n opkomende groenteprodusent, Vuthlari Chauke en Gideon Hefer van Inteligro.

Dr Frikkie Maré gesels op RSG Landbou oor die April-uitgawe van Veeplaas wat nou op die rakke beskikbaar is. Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com.

Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941. 

Luister nou na hierdie onderhoude.



Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Sensako

Syngenta is one of the world’s leading companies with more than 28,000 employees in over 90 countries dedicated to our purpose: Bringing plant potential to life. Through world-class science, global reach and commitment to our customers we help to increase crop productivity, protect the environment and improve health and quality of life. For more information about us please go to www.syngenta.com

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.