Monday, October 3, 2022

RSG Landbou: 5 September 2022 – geborg deur Elanco Animal Health

Brande kan verreikende gevolge hê, en binne ‘n oogwink kan dit alles om jou vernietig.  Die regte brandbestrydingsopleiding is krities om jou risiko tot brandgevaar te verminder. Ons hoor in Maandag se aflewering van RSG Landbou by Jeanette Relling van Kishugu Training wat dié opleiding behels.

Dirk Spaargaren van Karooveld Bonsmara by Steynsburg, gesels oor hul opkomende veiling en hoe om te bepaal of die fasiliteite op jou plaas virus-vry is?

Anné Calitz van BioChek, vertel daarna van ‘n ATP-toets wat biosekuriteitsverifikasie doen.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco Animal Health

Who is Elanco Animal Health?
An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improving the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to address global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories